Skip to content

POTGOOISNITTE

Kompas: Die krag van skarebefondsing

Kategorie: Kompas 2026-11-18

18 November 2026: Wat doen jy wanneer ‘n ma jou bel en sê sy moet binne enkele maande R5 miljoen rand insamel om haar dogtertjie se lewe te red? Catherine Swanepoel, die stigter van BackaBuddy, vertel hoe ‘n aanlynplatform mense en organisasies bymekaarbring. Ons praat oor die krag van gewone mense en wat gebeur wanneer die krisis verby is en die ondersteuning begin kwyn. Later in die program hoor ons hoe Diane Swanepoel sorg vir ongeveer 75 geredde Pekinese-hondjies, en hoekom ‘n maandelikse bydrae van net R50 vir haar so baie beteken.