Skip to content

POTGOOISNITTE

Kompas: Die kunstenaar in jou

Kompas: Die kunstenaar in jou

Kategorie: Kompas2026-08-12

5 Augustus 2026: Kuns is nie net as iets wat teen ’n muur hang nie. Ons praat oor kuns as ’n stem. As ’n manier om te sê: “Dít is wie ek is. Dít is waar ek vandaankom. Dít is hoe ek die wêreld sien.” Miskien is daar ook ’n storie in jou wat wag om geteken, geverf, geskryf of vertel te word. Moenie wag tot alles perfek is nie. Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Jou stem maak saak, jou storie is belangrik. Donavan Mynhardt, kurator by die Rust-en-Vrede-galery, wat betrokke is by die Junior Portrait Awards, vertel hoe hierdie platform jong kunstenaars help. Ons gesels ook met die jong kunstenaar en onderwyser, Welme Booys. Sy is van Goedverwacht, en skep treffende portrette met houtskool – werke wat nie net gesigte vasvang nie, maar ook gevoel, storie en menswees.