Kompas: Die winter en jou lyf
8 Julie 2026: Dis winter, en skielik klink pap, bredie en warm gebakte brood soos die beste idee ooit. Die dae is korter, die bed is warmer, en daai kombers voel baie beter as gimskoene. Wat doen die winter aan jongmense se gesondheid, eetgewoontes en oefenroetine? Ons gesels met ‘n dieetkundige oor hoe om trooskos en gesonde eet reg te balanseer. En ’n oefenafrigter deel praktiese wenke om gemotiveerd te bly, selfs wanneer dit buite reën. Jou winterlyf sal later dankie sê.
