Skip to content

POTGOOISNITTE

Kompas: Saskia Pocock is die stem van RSG se nuwe boekvoorlesing

Kompas: Saskia Pocock is die stem van RSG se nuwe boekvoorlesing

Kategorie: Kompas2026-08-19

19 Augustus 2026: Saskia Pocock was net 17 jaar oud toe twee oproepe van RSG haar lewenspad verander het. Sedertdien het sy gegroei van ‘n skoolmeisie met ‘n kultuurbalkie op haar baadjie tot ‘n gevestigde kunstenaar wat radio, verhoog, besigheid en internasionale ervaring in een loopbaan saambring. Sy het nou ‘n nuwe hoofstuk betree as die stem van RSG se oggendboekvoorlesing.