Kompas: Wat kan ek doen om eksamenspanning te verlig?
4 November 2026: Die matriekeindeksamen is aan die gang, en baie leerders voel oorweldig deur die lang ure, hoë verwagtinge en min hersteltyd. Konstante oorlading steel jou fokus, motivering en geheue. Hoe bou ’n mens ’n eenvoudige plan wat jou brein beskerm én jou punte dien? Kliniese sielkundige Monique Mostert praat oor die verskil tussen produktiewe spanning en skadelike uitbranding, die tekens dat jou stelsesl in die rooi is, en klein, konsekwente gewoontes wat ‘n groot verskil kan maak.
