Skip to content

POTGOOISNITTE

Konserwatisme, nasionalisme en populisme

Konserwatisme, nasionalisme en populisme

Kategorie: Op en Wakker2026-10-07

Ons saai uit vanaf die RSG en ATKV-vierkant by die Woordfees op Stellenbosch. Ons praat oor die oënskynlike opbloei van konserwatisme, nasionalisme en populisme in die wêreld. Volgens die Pew Navorsingsinstituut was daar, veral ná Brexit, in die Weste, ‘n toename in die gewildheid van hierdie ideologië. Volgens Instituut kan die verskynsel nie eenvoudig met ‘n breë kwas as links en regs geverf word nie. In ander dele van die wêreld, buiten die Weste, is daar ook tekens daarvan. In Suid-Afrika sien ons die verskynsel ook – dink maar aan die MK Party, die Patriotic Alliance, die VF Plus, en organisasies soos Solidariteit en AfriForum. Ons gaste is professor Amanda Gouws verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, Heindrich Wyngaard, kommentator en voorsitter van Kaapse Forum, en Jaco Kleynhans van Solidariteit.