Kry Afrikaans en ander inheemse tale genoeg ruimte in advertensies?
Afrikaans en ander inheemse tale is veel meer as net ’n manier waarop ons met mekaar praat. Dit dra ons stories, humor en identiteit. Maar kry dié tale genoeg ruimte in die advertensie- en kreatiewe bedryf? Die iPendoring-toekennings wil wys hoe kragtig en kreatief kommunikasie in Suid-Afrika se inheemse tale kan wees. Vanjaar is 275 finaliste aangewys met werk in al 11 amptelike tale, insluitend gebaretaal. Ons praat met Eben Keun, hoofbestuurder van iPendoring.
