Kuberkrakers: Is jou persoonlike inligting veilig by die staat?
Staatsdepartemente en munisipaliteite is in die visier van internasionale kuberkrakers. Verouderde rekenaarstelsels en swak sekuriteit maak dit makliker vir misdadigers om sensitiewe inligting te steel. Die kommer is dat kuberkrakers deesdae nie net stelsels lamlê nie, maar ook gesteelde inligting vir afpersing gebruik. Ons praat hieroor met prof. Danny Myburgh, kuberforensiese kenner aan die Noordwes-Universiteit.
