Skip to content

POTGOOISNITTE

Kultuurkaravaan Jacobsdal: Predikant en sjef & welsynorganisasies

Kultuurkaravaan Jacobsdal: Predikant en sjef & welsynorganisasies

Kategorie: RSG en Virseker Kultuurkaravaan2026-09-18

Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Jacobsdal in die Vrystaat. Ons saai uit by die NG Kerk in die middel van die dorp. Die gemeente is in 1860 tot stand gebring, en is vanjaar 166 jaar oud. Jacobsdal, op die grens van die destydse Kaapkolonie, was ‘n brandpunt tydens die Anglo-Boereoorlog, met Magersfontein wat net ‘n klipgooi hiervandaan is. Die persoon wat Jacobsdal benoem het, is ds. Mias Nortier. Hy is nie net ‘n dominee nie, maar ook ‘n gekwalifiseerde sjef. Saam met Mias, kuier Anica Weideman van die Arise Light-stigting en Jerome Steenkamp, bestuurder van ATKV AbbAsorg, hier by ons.