Kultuurkaravaan Jacobsdal: Water en vleis
Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Jacobsdal in die Vrystaat. Soos ons die afgelope twee weke deur die land getoer het, was daar een ding wat soos ‘n paal bo water uitstaan – die belangrikheid van reën, van water. Ons het gehoor hoe ‘n droogte van byna 10 jaar, letsels gelaat het, maar ook innoverende denke laat ontkiem het. Hier op Jacobsdal het ‘n waterskema die voorspoed en welvaart van die distrik ver altyd verander. Jacobsdal is landbouwêreld, en benewens saai- en pekaneut-boerdery, speel vleis ook ‘n reuse rol – skaap en bees. Om oor die plaaslike ekonomie te gesels, kuier Hanke du Toit, uitvoerende hoof van die Oranje-Riet Watergebruikersvereniging, en André Labuschagne van die reuse Jacobsdal Abattoir, by ons aan.
