Kultuurkaravaan Klerksdorp: Skrywers en fotograwe
Ons kuier met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op Klerksdorp in Noordwes. As jy ‘n skrywer wil word, is Klerksdorp die plek. Hier is ‘n hele hoop skrywers, en die skryfgemeenskap is baie aktief. Daar is ook ‘n fotografievereniging op Klerksdorp. Ons gesels oor al die dinge met Stefaans Coetzee, Salomé Kotze en Oupa Coetzee.
