Kultuurkaravaan Willowmore: Roosterkoeke en stories
Ons kuier op Willowmore met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan. Die dorpe wat ingeskryf het, moes aan ‘n hele paar vereistes voldoen, soos om ‘n storieverteller of iemand wat die dorp se geskiedenis ken, te benoem, en iemand wat die plaaslike kos en kultuur versinnebeeld. Ewald Loock is ‘n wandelende ensiklopedie oor Willomore, en Gerrie Festus ’n meester-roosterkoekbraaier.
