Land en sand: Frederik van Dyk
Daar is min mense jonger as 30, wat briefskrywers, meningsvormers en Jan en San Publiek so die harnas kan injaag as die Johannesburgse prokureur en kommentator, Frederik van Dyk. Sy jongste artikel ‘n week of wat terug in Rapport, het weer talle mense die pen laat opneem. Hy is ook die medestigter van die aanlynpublikasie, Ontlaer, waar ‘n verskeidenheid menings oor ‘n wye spektrum, gepubliseer word. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor links, regs, konserwatief, progressief, slagofferskap en kulturele identiteit.
