Land en Sand: Leon Kluge
Vir Leon Kluge is plante veel meer as net iets wat in ’n tuin groei. Dis sy verf en kwas. Dié wêreldbekende tuinontwerper en sy span ryg jaar ná jaar die toekennings by die Chelsea-blommeskou in Londen in. Leon het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy liefde vir plante, sy ontmoetings met Britse koninklikes, en die indrukwekkende tuine wat hy vir bekendes regoor die wêreld ontwerp.
