Skip to content

POTGOOISNITTE

Land en sand: Peter de Villiers

Land en sand: Peter de Villiers

Kategorie: Land en Sand2026-05-19

As ‘n laerskool-laaitie het hy gehoor hy sal nie eendag vir die Springbokke kan speel nie, omdat hy bruin is. Toe besluit hy hy sal dan eendag die Springbokke afrig. Peter de Villiers is nie op sy mond geval nie, en sy uitsprake het hom dikwels in die warm water laat beland. Peter het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy grootwordjare, sy loopbaan as Springbok-afrigter, omstrede uitsprake, gevegte destyds met SARU, sy politieke loopbaan, en die dood van sy vrou en dogter.