Lees in die skadu van skerms: Riana Scheepers oor Wêreldboekedag
Wanneer laas het jy ’n Afrikaanse boek gekoop, of vir ’n kind in jou lewe een voorgelees? Op Wêreldboekedag word daar vandag gefokus op leesgewoontes, en die rol van boeke in ’n tyd waar skerms al hoe meer tyd inneem. Ons praat Riana Scheepers, wie se nuwe boek oor ’n sonskynfeetjie, Christelientjie, op ’n ontroerende en toeganklike manier temas van andersheid, aanvaarding en hoop by jong lesers bring.
