Ma en dogter se danspassies
Ons vier Vrouedag met ’n spesiale ma-en-dogter-gesprek. Lumé Fourie en haar ma, Tanya, gesels met ons ná die pas afgelope Nasionale Danskompetisie. Tanya is die eienaar van Leap of Joy-danskool in Pretoria. Hulle gesels oor die besondere band tussen ’n ma en dogter, die rol wat dans in hulle lewe speel, en hoe dit is om mekaar se grootste ondersteuners én kritici te wees.
