Skip to content

POTGOOISNITTE

Maalvleis van mites: Wil die Russe werklik in ons verkiesing inmeng?

Maalvleis van mites: Wil die Russe werklik in ons verkiesing inmeng?

Kategorie: Op en Wakker2026-10-23

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het vandeesweek mense aangemoedig om fopnuus wat op sosiale media verskyn, aan te meld. Hulle het ook aangekondig hulle sal saam met sosialemedia-platforms soos Facebook en Instagram saamwerk om die verspreiding van fopnuus te keer. Dis minder as drie weke voor die plaaslike verkiesings, en verkiesings is natuurlik vrugbare grond vir fopnuus. Ons praat hieroor met Gert van der Westhuizen, politieke redakteur van Netwerk24.