Marion-eiland ontruim
Die Suid-Afrikaanse navorsingspan op Marion-eiland, meer as 2000 km. van Kaapstad af, moet die eiland ontruim. Die ontruiming sou gister begin, met die SA Agulhas II wat by die eiland aangekom het. Die span moet ontruim word weens dieseltekorte as gevolg van die oorlog in Iran. Ons praat hieroor met die Minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Willie Aucamp.
