Marius Titus word 80: ’n Stem vir Kaaps én Afrikaans
Daar is ’n goeie kans dat jy nog nooit die naam Marius Titus gehoor het nie, maar sy bydrae tot Afrikaans, veral Kaaps, is dalk groter as wat baie van ons besef. Vandag word dié Stellenbosse skrywer, digter en onderwyser 80.
