Skip to content

POTGOOISNITTE

Met Raad en Daad: Die belangrikheid van kiesersregistrasie

Met Raad en Daad: Die belangrikheid van kiesersregistrasie

Kategorie: Spesiale uitsending2026-07-26

Ons fokus op die belangrikheid van kiesersregistrasie met die oog op die finale registrasienaweek op 1 en 2 Augustus. Elsje van Jaarsveld praat met Jacques Jansen van die OVK oor hoekom dit noodsaaklik is om te registreer, die voordele daarvan, en hoe om jou registrasiestatus na te gaan. Hulle bespreek ook hoe om te herregistreer as jou omstandighede verander het, en watter belangrike sperdatums daar is vóór die munisipale verkiesing op 4 November 2026.