Skip to content

POTGOOISNITTE

MUSIEK IN DIE ARE: GESLAGTE VAN PAPIER-MUSIEK deur Carla Mackenzie

MUSIEK IN DIE ARE: GESLAGTE VAN PAPIER-MUSIEK deur Carla Mackenzie

Kategorie: RSG Dokumentêr2026-07-09

Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis. Sedert 1932 weerklink die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hulle gemeenskap nie, maar ook op wêreldverhoë. Hierdie is die verhaal van ‘n familie wie se musiek hulle van die Boland tot by die Chelsea Blommeskou in Londen geneem het. Die familie is veral bekend as die Papier Langarm Orkes of Papier Family Band. Die orkes bestaan uit pa, kleinseun en familielede wat ‘n musikale nalatenskap voortsit wat deur hulle pa, Marthinus Papier, begin is. Vandag speel Frank Papier (77) die trekklavier en kleinseun Greagan (13) elf instrumente, en so leef meer as 100 jaar se musiekervaring in die familie voort. Greagan is onlangs vir ‘n KKNK KANNA-toekenning benoem vir Beste Musiekspel by die ABSA KKNK 2026.