Skip to content

POTGOOISNITTE

Musk teen Altman: Hofstryd oor KI se toekoms

Musk teen Altman: Hofstryd oor KI se toekoms

Kategorie: Op en Wakker2026-04-24

Twee van die wêreld se bekendste tegnologiefigure, Elon Musk en Sam Altman, pak mekaar volgende week in ’n hofsaak wat reeds as die “verhoor van die eeu” beskryf word. In Kalifornië sal nege jurielede moet besluit oor ’n saak wat nie net oor geld en mag gaan nie, maar moontlik ook oor wie die toekoms van kunsmatige intelligensie beheer. Wat beteken dié botsing vir gewone mense, vir besigheid en vir die wêreld soos ons dit ken? Ons praat hieroor met prof. Anné Verhoef, direkteur van die Noordwes-Universiteit se KI-spilpunt, of AI Hub.