Skip to content

POTGOOISNITTE

Mustadafin Stigting vier 40 jaar se diens aan gemeenskappe

Mustadafin Stigting vier 40 jaar se diens aan gemeenskappe

Kategorie: Intussen2026-08-31

Die Mustadafin Stigting vier vanjaar vier dekades van diens aan Suid-Afrikaanse gemeenskappe. Die organisasie het in 1986 ontstaan te midde van politieke onrus en geweld in Crossroads, met ’n fokus op vroue en kinders wat kos, skuiling en ondersteuning nodig gehad het. Vandag is 96% van Mustadafin se span vroue, en hulle werk steeds met dieselfde doel voor oë – om mense met deernis, waardigheid en hoop te dien. Onms gesels met Ghairunisa Johnstone-Cassiem, die stigter en direkteur van die Mustadafin Stigting.