’n Hasie, ’n padda en ’n sensitiewe debat oor geslagsidentiteit
’n Nuwe kinderboek pak een van die mees omstrede onderwerpe van ons tyd aa – geslagsidentiteit. PIETIE DIE “PADDA” vertel die verhaal van ’n hasie wat vas glo dat hy eintlik ’n padda is, ondanks sy maatjie se pogings om hom van die teendeel te oortuig. Die boek benader die onderwerp vanuit ’n Christelike Bybelse perspektief en bevat ook ’n handleiding vir ouers om gesprekke met hulle kinders oor identiteit, gevoelens en geloof aan te knoop. Ons praat met die skrywer, Pieter van Deventer.