Skip to content

POTGOOISNITTE

Nampo skop af ná reën en skade: Boere stroom in ondanks uitdagings

Nampo skop af ná reën en skade: Boere stroom in ondanks uitdagings

Kategorie: Op en Wakker2026-05-12

Duisende mense is reeds deur die hekke vir die heel eerste dag van Nampo- oesdag – die grootste landbouskou in die suidelike halfrond. Dit volg kort ná swaar reën en oorstromings in dele van die Vrystaat, waar sekere distrike Sondag as rampgebiede verklaar is. Die weer het intussen opgeklaar, en ondanks die uitdagings bly Nampo die landboubedryf se grootste ontmoetingsplek. Ons gesels met dr. Dirk Strydom, besturende direkteur van Nampo.