NIE VIR HAAR GEBOU: DIE GESLAGSGAPING IN DIE ONGELUK deur Martelize Brink
Vroue is meer geneig om ernstig beseer te word, of te sterf, in motorongelukke as mans, met ‘n 73% hoër waarskynlikheid van ernstige beserings in vergelykbare ongelukke. Vroue ly meer beserings aan die onderste ledemate, buik en bors, terwyl mans meer geneig is tot rugbeserings en, oor die algemeen, meer noodlottige ongelukke. Motors is oor die jare volgens mans se liggame ontwerp. Selfs die veiligheidstoetse is met manlike botstoetspoppe gedoen. Nuwe, meer akkurate vroulike botstoetspoppe word ontwikkel wat 150 sensors bevat om die spesifieke impak op ‘n vrou se liggaam te meet. Martelize Brink praat onder meer met die Sweedse navorser wat die eerste vroulike botstoetspop ontwikkel het, prof. Astrid Linder.
