Skip to content

POTGOOISNITTE

Nuwe Orkney Snork Nie-fliek eersdaags te sien

Nuwe Orkney Snork Nie-fliek eersdaags te sien

Kategorie: Op en Wakker2026-09-07

Die bekende karakters van die geliefde Orkney Snork Nie is eersdaags terug in ‘n splinternuwe Willie Esterhuizen-fliek, Poeksie Woeksie. Annette Engelbrecht, wat die rol van Maggie gespeel het, was nie beskikbaar om weer die rol te vertolk nie, en Magda van Biljon vertolk nou die rol. Magda se oorlede man, Zak du Plessis, het destyds die rol van Hendrik vertolk. Frank Opperman sal seker vir altyd onthou word vir sy rol as Ouboet, en hy is weer te sien in Poeksie Woeksie.