Nuwe stemme in kerkmusiek
Vanjaar se Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds wys weer hoe wyd die veld van geloof, teologie en kerkwerk strek. Onder die wenners tel prof. Theo van Wyk, wat die Andrew Murray-SAKOV-toekenning vir kerkmusiek ontvang het. Sy komposisies is wêreldwyd in aanvraag. En ons luister kortliks na Theo se “Tokkate op ‘Nun danket alle Gott”, oftewel “Tokkate op ‘Nou dank almal God’”. Dit word in New York op die orrel uitgevoer deur Raphael Attila Vogl, wat sy doktorsgraad by die Juilliard-musiekskool gedoen het.
