Ons en die onderwys: Hoe skole diskriminasie kan help uitwis
19 Julie 2026: Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige, skrywer en historikus, oor die rol wat geskiedenis kan speel om vooroordeel en diskriminasie te verminder. Hulle praat oor hoe kinders reeds van jongs af idees oor hulleself en ander vorm, waarom verskille openlik bespreek moet word, en hoe die geskiedenisleerplan ’n meer gebalanseerde beeld van ons samelewing kan bied.
