Paarl-leerders troef skerms met skoolmedia-oorwinning
In ’n tyd waar jongmense dikwels gekritiseer word oor skerms, sosiale media en ‘n kort aandagspan, wys ’n groep Bolandse leerders dat daar ook ’n ander storie is. By vanjaar se WOW-skoolmediakompetisie het hulle gewys dat talent, nuusinstink en harde werk blom in Wes-Kaapse klaskamers. Veral Klein Nederburg Sekondêr in die Paarl het weer geskitter en vir ’n tweede agtereenvolgende jaar groot gewen. Ons praat met Toyer Hefca, ’n onderwyser by die skool en sameroeper van die skoolkoerant.
