Plaasaanvalle en konsep-wapenwet
Die plaasaanval op Donovan Marx waarin sy ore afgesny is, het nie net Suid-Afrikaners geskok nie. Dit het internasionale nuus gemaak, ook in Amerika, waar die administrasie van president Donald Trump plaasaanvalle en die sing van “Kill the Boer” tot ‘n diplomatieke kwessie verklaar het. Intussen is Marx se vyf vermeende aanvallers deur die polisie aangekeer. Marx word in die intensiewe sorgeenheid behandel. Selfs Julius Malema, die EFF-leier wat gereeld Kill the Boer sing, het die aanval veroordeel. Ons praat hieroor met Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee oor Polisie.
