Praat ons nog Afrikaans, of net Suid-Afrikaans?
Wat gebeur wanneer ’n land se taalbeleid, identiteit en grondwetlike regte begin bots? Suid-Afrika is ’n land met 12 amptelike tale, maar die werklikheid van taal in ons skole, universiteite, howe, werkplekke en openbare lewe vertel ’n veel meer ingewikkelde storie. Is Afrikaans besig om sy plek te verloor, of is die groter probleem dat ons nog nie regtig besluit het wat meertaligheid in Suid-Afrika behoort te beteken nie? Ons praat hieroor met dr. Pieter Mulder, ’n voormalige LP en professor.
