Skip to content

POTGOOISNITTE

Primêre immuungebrekke

Kategorie: Intussen 2026-11-24

Ons immuunstelsel is veronderstel om ons liggaam teen infeksies en siektes te beskerm. Maar wat gebeur wanneer jou immuunstelsel weens ‘n genetiese toestand nie behoorlik kan doen waarvoor dit ontwerp is nie? Primêre immuungebrekke is ‘n groep seldsame toestande waarvan baie mense min weet. Riana Manley is die ondervoorsitter van die Primêre Immuungebrek-netwerk van Suid-Afrika (PiNSA), en leef self saam met dié werklikheid.