Regering wil private boorgate reguleer
Die departement van water en sanitasie het voorgestelde regulasies in die Staatskoerant gepubliseer om private boorgate te reguleer. Komersiële boorgate word reeds deur die regering gereguleer. Wat behels die konsepregulasies, en hoe sal dit mense met boorgate raak, én mense wat nog boorgate wíl boor? Ons praat hieroor met Albertus Lombaard, die hoof-geohidroloog en uitvoerende hoof van die Boorgatwater Vereniging van Suid-Afrika.
