Regsake: Afwesigheid weens siekte en sieknotas
27 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die laaste van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad en ander belangrike liggame in ons regslandskap. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afwesigheid weens siekte en sieknotas, na aanleiding van getuies by die Madlanga-kommisie wat sieknotas ingehandig het om hulle afwesigheid te regverdig.
