RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Vind die fout én kwaliteit in jou glas
S2E2: Hoe smaak ‘n gekurkte wyn? Wat is die algemeenste fout wat tegniese wynkonsultante in die bedryf sien? Hoe presenteer ‘n kwaliteitwyn in die laboratorium? Kom vind die fout én die kwaliteit in wyn saam met Martelize Brink en haar gaste Loftie Ellis en dr. Carien Coetzee. Hulle proe ook sogenaamde foutwyne. Martelize loer ook in by Van Loveren om uit te vind hoe groot die skade is ná die onlangse vloede. Sanger Willem Botha vertel wat sy gunstelingwyn is.
