RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie - Episode S2/E12
In hierdie episode gesels Tracey-Lee Oliver (46) oor hoekom sy steeds gelukkig, en uit eie keuse, enkellopend is. Sy deel aangrypende stories oor haar grootwordjare, haar diep band met haar Skepper, en die tradisionele voorbeeld van haar ouers se huwelik, waar woorde soos “ek is lief vir jou” skaars was. Tracey-Lee verklap ook die geheim van haar “skelm” verlowing op 21, en die dapper keuse wat sy moes maak tussen die liefde en haar loopbaan. Dis ’n vars, eerlike perspektief op moderne vrouwees en die huwelik.
