RSG Landbou: Agri-Expo se projekte
2 November 2026: Het jy geweet Agri-Expo se ontstaan dateer terug na 1831, toe die Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap gestig is? Breyton Milford het by die Toyota US Woordfees met ons gesels oor die projekte wat Agri-Expo aanbied, soos plattelandse skoue en die jaarlikse SA Suiwel- en Preserveerkampioenskap. Dit alles het ten doel om landbou te bevorder. Ons hoor wat Waldo Scheepers, die bestuurshoof van Wagyu SA, sê oor die afgelope Wêreld Wagyu-kongres wat vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou is.
