RSG Landbou: Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar
14 September 2026: ‘n Rosyntjie- en pekanneutprodusent van die Groblershoop-omgewing is as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Rean Clasen sien ‘n blink toekoms vir landbou in Suid-Afrika. Ons hoor wat die Nu-Alcade Bonsmara-groep vir hulle veiling van 24 September by die Warmbad Veemark beplan. Dr. Pieter Swanepoel van die Universiteit Stellenbosch het by vanjaar se Overberg Agri Herkouerdag oor geïntegreerde vee- en weidingstelsels gepraat. Ons het hom oor sy aanbieding uitgevra.
