RSG Landbou: Die belangrikheid van oorplaatjies vir diere
9 Julie 2026: Waarom is ‘n unieke oorplaatjie vir ‘n dier so belangrik/ Wat maak dit uniek? Wat gebeur daarmee wanneer daardie dier verkoop word? Rachelle Cloete van GMP Basic beantwoord ‘n paar vrae oor dié belangrike onderwerp. Ons gesels ook met Arthur de Villiers van AG Bonsmara in die Vrede-distrik oor hulle praktiese boeredag op 14 Augustus. Chris Derksen is op sy pos met nuus oor die week se vleispryse, en Johan van der Berg gesels weersake.
