Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Landbou: Intelekt Solutions-dag; Jack Human Bewaringslandbouweek

RSG Landbou: Intelekt Solutions-dag; Jack Human Bewaringslandbouweek

Kategorie: RSG Landbou2026-10-16

16 Oktober 2026: Die jaarlikse Intelekt Solutions-dag is vanjaar deur 201 produsente bygewoon tydens die 92ste Swartland-skou op Moorreesburg. Een van die sprekers by dié dag was dr. Karen Truter, ‘n landboukundige in plantvoeding by by InteliGro, wat ook vroeër vanjaar haar PhD in Agronomie verwerf het met ’n fokus op datagedrewe oplossings en plaasvlak-eksperimentering vir veldgewasse. Die Jack Human Bewaringslandbouweek is in Augustus aangebied. Professor Johann Strauss, senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel van die hoogtepunte en wat produsente geleer het.