RSG Landbou: Praktiese landbou-ervaring is net so belangrik as teoretiese kennis
2t Augustus 2026: Praktiese landbou-ervaring is net so belangrik as teoretiese kennis. Volgens Shaun Welmans van Agri Skills Transfer gaan dit oor relevansie en selfvertroue in die veld. Die Noord-Kaap Veldramprojek is in 1985 daargestel om funksioneel-doeltreffende ramme aan produsente beskikbaar te stel, wat op die veld grootgeword het, aangepas is en op ‘n wetenskaplike wyse geselekteer is. Hulle bied op 9 September in Griekwastad ‘n veiling aan. Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het, en Johan van den Berg praat oor die weer.
