Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Landbou: Rosyntjies se uisonderlike prestasie; Die ‘doodmaakmaande’ is op hande

RSG Landbou: Rosyntjies se uisonderlike prestasie; Die ‘doodmaakmaande’ is op hande

Kategorie: RSG Landbou2026-07-28

28 Julie 2026: Sowat 90% van Suid-Afrika se rosyntjies word uitgevoer. Die bedryf het onlangs weer die 100 000 ton merk gehaal. Ons gesels met Wessel Lemmer en Chantelle Kotzé van Raisins SA oor hierdie uitsonderlike prestasie. Augustus, September en Oktober word in die veebedryf as die sogenaamde ‘doodmaakmaande’ beskou. Dis ‘n uitdagende oorgangstydperk tussen winter en somer, waartydens weidingsgehalte dikwels nog swak is en moet herstel. Dr, Josef van Wyngaard van Voermol Voere gee raad.