Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Landbou: Tafeldruifkonferensie; Nematodes

RSG Landbou: Tafeldruifkonferensie; Nematodes

Kategorie: RSG Landbou2026-07-16

16 Julie 2026: Die eerste konferensie vir Suid-Afrika se tafeldruifbedryf word vroeg in Augustus op Franschhoek aangebied. Talitha Venter van die SA Vereniging vir Wingerd- en Wynkunde het die besonderhede. Nematodes is mikroskopiesklein ronde- of aalwurms wat in grond, water en plantweefsel voorkom. Sommige is uiters voordelig, terwyl ander groot skade kan aanrig. Nematode-monsterneming en diagnostiese ontleding is noodsaaklik vir die bestuur hiervan, maar wat presies behels hierdie proses?