Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Landbou: Wildboerdery in Suid-Afrika

RSG Landbou: Wildboerdery in Suid-Afrika

Kategorie: RSG Landbou2026-06-04

4 Junie 2026: Het jy geweet wildboerdery in Suid-Afrika beslaan meer as 20 miljoen hektaar, en dié plase dra drie keer meer wild as nasionale- en ander wildparke in die land? Die Wildbedryf SA-stigting help wildboere in nood, ontwikkel die jeug, bied vaardigheidsontwikkeling en nog baie meer. Ons gesels met Sareta Schütte oor die werksaamhede van dié stigting. Die winter is hier – Johan van den Berg het die jongste weernuus. Chris Derksen is ook op sy pos met die jongste vleispryse op veilings in die Noord-Vrystaat.