Skip to content

POTGOOISNITTE

Sal die ANC-leier die volgende president van SA wees?

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-17

Indien die huidige tendens in kiesersteun vir die ANC voortduur, soos sedert 2016, is daar ‘n wesenlike kans dat die ANC-leier ná die 2029-verkiesing nié die president van Suid-Afrika sal wees nie. Dié bevrydingsbeweging wat sedert die 1994-verkiesing die politieke toneel in Suid-Afrika oorheers het, het ‘n verstommende 5 miljoen kiesers in 15 jaar verloor. In ‘n artikel in die aanlynpublikasie, Binne+Land, skryf die politieke ontleder, professor Piet Croucamp, die gemiddelde Suid-Afrikaner is armer as in 2008, en hy sien nie hoe die ANC ekonomiese groei kan omdraai teen 2029 nie.