Sal Doppers skeur oor vroue?
Sedert die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika in Januarie besluit het vroue mag glad nie in die ampte van ouderling of predikant dien nie, is die gort in die kerk behoorlik gaar. Minstens een gemeente, die Linden-gemeente, het besluit om van die GKSA-verband weg te breek. ‘n Handvol ander gemeentes is oorweeg nog hulle verband met die GKSA. Ingevolge die besluit van die Algemene Sinode, moet gemeentes wat vroue in die amp bevestig het, daardie vroue uit die amp ontslaan teen die einde van die jaar. Ons praat hieroor met ds. Cassie Aucamp, redakteur van die Kerkblad, die koerant van die GKSA.
