Skip to content

POTGOOISNITTE

Skrywers en boeke: Hulde aan Linda Rode; Chris Vorster oor TOBIE

Skrywers en boeke: Hulde aan Linda Rode; Chris Vorster oor TOBIE

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-10-21

21 Oktober 2026: Die kinderboekkenner, skrywer en vertaler, Linda Rode, is onlangs oorlede. Luister na ‘n onderhoud wat Ilse Salzwedel in 2014 met haar gevoer het. Die akteur, skrywer en akademikus, Chris Vorster, gesels oor sy biografie van Tobie Cronjé, TOBIE. Johan Myburg berig oor nog ‘n letterkundeprys wat in die nuus is weens bewerings van die gebruik van kunsmatige intelligensie, en verduidelik hoekom Sally Rooney, ‘n gewilde Ierse skrywer, se boeke voortaan nie meer in die Verenigde Koninkryk verkoop sal word nie. Jy kan ook meer uitvind oor Jeffrey Archer, nog ‘n bekende skrywer wat verlede week oorlede is.