Spektrum: Die OVK stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing bekend
27 Mei 2026: Honderde burgers van Ghana daag by die OR Tambo-lughawe op om na Accra geherpatrieer word, maar ‘n immigrasiebeampte sê daar is probleme met die lys van kandidate. Die Reserwebank se Monetêre Beleidkomitee besin oor rentekoerse – die meeste ekonome verwag ’n verhoging. Die Verkiesingskommissie stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November bekend.
